Hoërskool Swartland se o.15A krieketspan uitslae
ADVERTISEMENT
Hoërskool Swartland se O/15A krieketspan het Saterdag kragte gemeet teen Klein Nederburg op die Pen Basson krieketveld in Wellington. Kaptein Jean Beukes wen die loot en kies om veldwerk te doen. Klein Nederburg word uitgeboul vir 96 lopies. Damian Starkey was ons beste bouler met 3 paaltjies. Swartland behaal die wentelling met 4 paaltjies plat en wen dus die wedstryd met 6 paaltjies. Johan Hanekom was ons beste kolwer met 30 lopies nie-uit-nie. Welgedaan seuns!










