Laerskool Newton o.13A-span presteer by die Newton T20 Toernooi
ADVERTISEMENT
Laerskool Newton se 0/13A-span het van 24 & 25 Oktober aan hulle eie Newton T20 Toernooi deelgeneem. Die manne het uitstekende krieket gespeel en met trots vir Newton uitgedraf!
Wedstryd 1 vs Kathu 0/13A
Kathu het eerste gekolf en is uitgeboul vir 71 lopies.
Newton kry die lopies met 4 paaltjies plat en wen dus met 6 paaltjies.
Wedstryd 2 vs Trio 0/13A
Newton het eerste gekolf en 139 lopies aangeteken in hulle 20 beurte.
Trio is beperk tot 82 lopies in hulle 20 beurte.
Newton wen dus met 57 lopies.
Saterdag – Wedstryd vs Newton 0/13B
Die wedstryd het begin met Newton 0/13A in ’n sterk posisie, maar ongelukkig het die weer veroorsaak dat die wedstryd kort gestop is.
Volgens die DLS is Newton 0/13A as wenners aangewys.
Top presteerders (Saterdag):
- Tashreeq Riddles – 74*(33)
- Chris van Niekerk – 53*(25)
- Janco van Aswegen – 53*(30)
Baie geluk aan die span met hul puik vertonings en sportmangees regdeur die toernooi!










