Laerskool Bakenkop Hoofleiers 2025
ADVERTISEMENT
Laerskool Bakenkop se nuutverkose hoofleiers vir 2025 is gekies. Ruan Maartens en Lisa van Jaarsveld is meer as net die hoofseun en hoofdogter vir 2025. Dié twee is ook nefie en niggie. Hulle ma’s is sussies en is die mammas (en pappas) natuurlik baie trots op hulle maar dis veral hulle oupa wat dink dis omdat hy so streng was met hulle ma’s dat hy nou ekstra trots mag wees. Hou die twee maar dop, hulle gaan julle nog baie trots maak in hul skoolloopbaan. Baie geluk Ruan en Lisa.
![]()










