Laer Volkskool spog met skaakspeler
ADVERTISEMENT
Burger Slabbert leerder van Laer Volkskool het vanaf 3 tot 5 Mei 2024 in Rustenburg aan die Spartan Bishops Chess Championships 2024 deelgeneem. Hy het die Oos- Kaap Skaakspan in die Kampioenskappe verteenwoordig. As een van die Big Pawns speel hy teen skaakspelers van Dr Kenneth Kuanda, Gaborone City, Botswana, Manguang en Noord- Kaap. Hy vaar uitstekend en wen 2 van sy 5 wedstryde. Welgedaan, Burger! Ons is verskriklik trots op jou.














