Laerskool Gansbaai skaakspelers presteer aan die Wes-Kaap Kampioenskap
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Laerskool Gansbaai se 23 leerders wat Overberg die afgelope naweek tydens 4 en 5 Mei in Langebaan verteenwoordig het by die Wes-Kaap Kampioenskappe. Nieteenstaande die sterk kompetisie het ons kinders baie goed gevaar. Rossouw Coetzer, Lihan Lourens en Anneke du Preez het hul WP-kleure verwerf en Rossouw Coetzer het ook 1ste plek by seuns o.7 behaal. Ons is baie trots op julle!














