Laerskool Goedehoop leerders presteer by die ATKV Redenaars
ADVERTISEMENT
Dit is met groot opwinding dat ons vir Waldt van Niekerk en Kaitlyn Shackleford van Laerskool Goedehoop geluk wens met hul uitstekende prestasies tydens die ATKV Redenaars Mpumalanga Semi-finaal wat plaasgevind het op 16 Mei 2025 te HTS Witbank. Kaitlyn het `n tweede plek behaal in die Graad 4 – 5 Afrikaans Addisionele Taalafdeling. Waldt het `n eerste plek behaal in die Graad 6 – 7 Afrikaans Huistaalafdeling en hy is dus oppad om ons skool te gaan verteenwoordig by die ATKV Nasionale Finaal uitdunne in Augustus 2025 te Goudini Spa.
Kaitlyn Shackleford
Waldt van Niekerk










