Laer Volkskool atletiek
ADVERTISEMENT
Donderdag 6 Februarie 2025 het die Laer Volkskool gr1 tot 3 leerders aan Cradock se junior atletiekbyeenkoms deelgeneem. Die byeenkoms het baie goed verloop en almal was te verlig oor die reënweer daarby. Neeva Ehlers en Erasmus Smit het besonders goed gevaar en plekke in die finale behaal. Neeva in die 80m en Erasmus in beide die 60m en die 80m. Baie dankie aan die 17 atlete vir julle deelname en entoesiasme tydens die byeenkoms.











