Laerskool Gene Louw netbalspelers presteer aan die Marius Schoeman Sportfees
ADVERTISEMENT
Laerskool Gene Louw se o.12A-netbalspan het in Augustus aan die Marius Schoeman Sportfees by Hoërskool Paarl Gimnasium deelgeneem. Hulle het teen spanne van 18 skole in die o.12-netbaltoernooi meegeding en bronsmedaljes verower.
Agter: Grace Coulson, Marlie Terblanche, Kiara Ismaiel, Juné Dippenaar, Megan Senekal en Hannah Coetzee saam met hul afrigters en verteenwoordigers van Hoërskool Paarl Gimnasium. Voor: Lente Badenhorst, Liza Wessels en Bea Ross.










