AWSUM School News

Top Menu

  • Advertise with us
  • Printing for your school
  • Past exam papers – All Grades

Main Menu

  • Home
  • Regional News
    • Western Cape
      • Northern Suburbs
      • Helderberg
      • Boland
      • Breede Valley
      • Southern Cape
      • Southern Suburbs
      • City Bowl Atlantic Seaboard
      • Table Bay and Melkbos
      • Swartland and West Coast
      • Overberg
    • Gauteng Johannesburg
      • Randburg Linden Northcliff
      • East Rand
      • JHB East
      • JHB South
      • JHB Central
      • Krugersdorp Roodepoort
      • Bryanston Sandton Rosebank
    • Gauteng Pretoria
      • Centurion
      • PTA East
      • PTA North
      • PTA Central PTA South
    • Vaal Driehoek
    • Bloemfontein
    • North West
      • Potch Klerksdorp and surrounds
      • Rustenburg Brits and surrounds
    • Eastern Cape
      • Port Elizabeth & Surrounds
      • East London & Surrounds
      • Eastern Cape Towns
    • Northern Cape
    • Kwazulu-Natal
      • Durban and Durban North
      • Westville Pinetown Hillcrest Kloof
      • Midlands
      • Northern Natal
      • South Coast
    • Limpopo
    • Mpumalanga
      • Lowveld
      • Highveld
    • Free State
      • Bloemfontein
      • Northern and Eastern Free State
  • About AWSUM News
  • Advertise with us
  • Printing for your school
  • Past exam papers – All Grades

logo

ADVERTISEMENT

Regional News

  • Home
  • Regional News
    • Western Cape
      • Northern Suburbs
      • Helderberg
      • Boland
      • Breede Valley
      • Southern Cape
      • Southern Suburbs
      • City Bowl Atlantic Seaboard
      • Table Bay and Melkbos
      • Swartland and West Coast
      • Overberg
    • Gauteng Johannesburg
      • Randburg Linden Northcliff
      • East Rand
      • JHB East
      • JHB South
      • JHB Central
      • Krugersdorp Roodepoort
      • Bryanston Sandton Rosebank
    • Gauteng Pretoria
      • Centurion
      • PTA East
      • PTA North
      • PTA Central PTA South
    • Vaal Driehoek
    • Bloemfontein
    • North West
      • Potch Klerksdorp and surrounds
      • Rustenburg Brits and surrounds
    • Eastern Cape
      • Port Elizabeth & Surrounds
      • East London & Surrounds
      • Eastern Cape Towns
    • Northern Cape
    • Kwazulu-Natal
      • Durban and Durban North
      • Westville Pinetown Hillcrest Kloof
      • Midlands
      • Northern Natal
      • South Coast
    • Limpopo
    • Mpumalanga
      • Lowveld
      • Highveld
    • Free State
      • Bloemfontein
      • Northern and Eastern Free State
  • About AWSUM News
  • HTS John Vorster leerders presteer tydens die Cosmo Run

  • Maragon Olympus Primary archer defended her title as SA Champion for another year

  • Laerskool Worcester -Oos spog met hokkie prestasie

  • HS Montana onderwyser is aangewys as ‘n Kaapse Wynland Netbalskeidsregter

  • Chess achievement for Somerset West Primary


Hoërskool NelspruitLowveldMpumalangaRegional News
Home›Regional News›Mpumalanga›Lowveld›Hoërskool Nelspruit›Hoërskool Nelspruit se super-sterre skitter in Gauteng

Hoërskool Nelspruit se super-sterre skitter in Gauteng

By Karien Frans
7th March 2022
960
0

ADVERTISEMENT


Share:

NHS se super-sterre skitter in Gauteng! Met die Laeveld-kroon in die sakkie, het Hoërskool Nelspruit se kern-atletiekspan (slegs een atleet per item) Woensdag 2 Maart opgeruk na Roodepoort, waar die jaarlikse NWU Super Interhoër plaasgevind het. NHS het hom vanjaar in die B-bond bevind, en het gevolglik aan die sterkste byeenkoms, waar die A-bond se spanne ook in aksie was, deelgeneem. Om skouers te skuur met die 16 sterkste atletiekskole noord van die Vaalrivier, is waarlik ‘n grootse uitdaging – en nog groter voorreg! Net in items wat in bane gehardloop is, was die Nellies in aksie teen ‘bond-genote’; in al die ander items was dit ‘n geval van 16 atlete (8 per bond) wat mekaar die stryd aangesê het.

 

Na slegs enkele items, was dit reeds duidelik dat veral drie skole, dit om die B-bond kroon van 2022 sou uitspook: NHS, Noordheuwel (Krugersdorp) en Rustenburg. Hierdie drie het om die beurt, in beide seuns- en meisiesafdelings, die voortou geneem en die finale uitslag was tot en met die aflosse, nog in die weegskaal. Lig die hoed hoog vir NHS se seuns, wat na die stywe kompetisie teen Rob Ferreira die vorige naweek, op volle silinders gevuur het en daarin kon slaag om die trofee as B-bond seunskampioen vir 2022, huis toe te bring! NHS (389), is gevolg deur Noord- heuwel (375), Rustenburg (360), Klerksdorp (338), Potch Gim (301), Montana (282), Randburg (251) en Dr.Malan (246).

Wat die meisies betref, het die Laevelders in velditems bygehou, maar hulle op die baan teen die Hoëvelders se spoed en stamina (en die tuisvoordeel van hoë lugdruk) vasgeloop! Die Nellies het wel vir ‘n klompie uitstekende tye gesorg, maar moes uiteindelik met die derdeplek tevrede wees. Dié afdeling is gewen deur Noordheuwel (390), met daarna Rustenburg (355), Nelspruit (341), Randburg (326), Potch Gim (317), Montana (284), Dr. Malan (280) en Klerksdorp (268). Met sy groottotaal van 765, is dit dan Noordheuwel wat vanjaar die B-bond inpalm, en opskuif na die A-bond in 2023. NHS eindig in ‘n goeie tweedeplek (730), gevolg deur Rustenburg (715), Potch Gim (618), Klerksdorp (606), Randburg (577), Montana (566) en  Dr. Malan (526), wat afskuif na die C-bond.

 

NHS se Ashley Erasmus (m.17) was weer die ster van die byeenkoms, toe sy twee rekords laat spat het. Sy wen die gewigstoot (18,05m, 1000 punte) en skyfwerp (47,79m, ook 1000 punte) om haar posisie as SA se beste onder 17- veldatleet te bevestig. Puik gedoen, Ashley! Dan het Rhodé Nel (m.19) haar beste, vir laaste gebêre. In haar allerlaaste naellope as lid van die NHS-span, skryf sy beide items se Nellie-rekords agter haar naam: In die 100m verbeter sy haar eie 12.13 sek. van die vorige naweek, na ‘n blinknuwe 12.07; en in die 200m laat sy Marelise Weich se 1979-rekord van 24.90 in die slag bly, toe sy in 24.82 verby die wenpaal blits. Welgedaan, Rhodé! Die 17-jarige Anja Venter se naam moet vir seker ook uitgelig word. Sy moes haar span in die skyfwerp vir meisies 19 verteenwoordig – en stel toe sommer in die proses ‘n nuwe huishoudelike rekord op! Anja se eerste 40m+ poging (40,36m), het kleingeld van Marné vd Merwe se 2012-rekord (37,10m) gemaak – wat ‘n goeie poging!

 

Drie Nellies-rekords het ook in die aflosse gespat. NHS se kookwater-spannetjie in seuns 14, het die 2007-rekord van 47.50 kis gehardloop deur in 47.32 die eersteplek te verower. NHS se meisies 14 was ook weer op hulle stukke, en wen die aflositem met ‘n indrukwekkende tyd van 51.59 sek., wat die 2013-rekord (51.97) uit die rekordboeke vee. Soos met die Laeveld-interhoër, het Nelspruit se twee onder 19-spanne gesorg dat NHS in die laaste aflosse, die laaste sê gehad het. Die seuns 19 se pragtyd van 42.37 het die 2019-rekord van 42.72 verpletter.  Al kon hulle nie ‘n Nellie-rekord opstel nie, was die meisies 19 se wentyd van 49.44  uitstekend en het hulle behoorlik die hakke vir die teenstanders gewys! Om by ‘n Super Interhoër byeenkoms ‘n medalje te wen, is enige atleet se droom. NHS is baie trots op die volgende atlete wat gesogte podium-plekke verower het:

Photo Supplied

Eersteplekke (goud)

  • Kian Mouton (s.17): 800m – 1:57.02 (812 ASA-punte)
  • Jordan Pretorius (s.15): 300m hekkies – 42.12; ook verspring – 6,00m (720)
  • Mendel Smook (s.15): hoogspring – 1,70m
  • Marko Matthee (s.16): verspring – 6,39m (777)
  • Aflos s.14: 47.32, Nellie-rekord (707) *Menzi Sheba, Tye Habib, Kuhle Masuko en Lian Antunes
  • Aflos s.19: 42.37 , Nellie-rekord (847) *Handré vd Merwe, Marco Capazorio, André Potgieter en Danny v Staden
  • Ashley Erasmus (m.17): gewigstoot – 18,05m (1000); ook skyfwerp – 47,79m (1000)
  • Zoë Cilliers (m.14): 100m – 12.48 (889); ook 200m – 26.52 (839)
  • Shanese de Clerck (m.17): hoogspring – 1,70m (850); ook verspring – 5,66m (806)
  • Rhodé Nel (m.19): 100m – 12.07 (883)
  • Rojandi Coetzee (m.14): hoogspring – 1,60m (820)
  • Elizma de Villiers (m.15): hoogspring – 1,50m
  • Chané Strydom (m.17): spiesgooi – 36,02m (742)
  • Aflos m.14: 51.59, Nellie-rekord (750) *Simoné Lourens, Zoë Cilliers, Levandi Hough en Joslin Boshoff
  • Aflos m.19: 49.44 (758)

Tweedeplekke (silwer)

  • Handré vd Merwe (s.19): 400m hekkies – 53.81 (888)
  • Menzi Sheba (s.14): 300m hekkies – 42.58
  • André Potgieter (s.19): 200m – 21.94 (798)
  • Marco Capazorio (s.19): 110m hekkies – 14.98 (823)
  • Janco Small (s.15): 200m – 23.97 (702)
  • Lian Antunes (s.14): 400m – 56.22
  • Nathan Duncan (s.16): 800m – 2:01.72 (732)
  • Liam Doncaster (s.14): 4:47.15
  • Joshua Fincham (s.15): 1500m – 4:37.60 (721)
  • Kian Mouton (s.17): 1500m – 4:14.28 (830)
  • Ruben Vorster (s.17): 110m hekkies – 15.04
  • Philip Vogel (s.19): hoogspring – 1,80m
  • Tye Habib (s.14): verspring – 5,85m (746)
  • Janco Labuschagné (s.19): verspring – 6,17m
  • Joshua Devine (s.19): driesprong – 12,33m
  • Vian Louw (s.14): gewigstoot – 13,87m (792)
  • Vaughn van Zyl (s.15): spiesgooi – 53,72m
  • Aflos s.15: 46.33 (730)
  • Zané Nel (m.14): gewigstoot – 12.38m (873); ook skyfwerp – 33,94m (851)
  • Sheba Sithole (m.15): 800m – 2:21.75 (851); ook 1500m – 4:58.83 (793)
  • Zané Potgieter (m.19): 400m hekkies – 67.89 (813)
  • Simoné Lourens (m.14): 300m hekkies – 47.51 (834)
  • Rhodé Nel (m.19): 200m – 24.82 (889)
  • Levandi Hough (m.14): verspring – 4,76m
  • Larissa Combrink (m.19): verspring – 5,25m
  • La-Alizia Venter (m.19): gewigstoot – 11,48m (841)
  • Juané le Roux (m.15): skyfwerp – 32,02m (802)
  • Jolanke van Zyl (m.19); spiesgooi – 38,06m (775)

Derdeplekke (brons)

  • Vian Louw (s.14): skyfwerp – 39,49m; ook spiesgooi – 40,71m
  • Vaughn van Zyl (s.15): skyfwerp – 55,10m (900)
  • André Potgieter (s.19); 100m – 10.80 (810)
  • Lian Antunes (s.14): 200m – 24.86
  • Ian Wood (s.17): 200m – 23.17 (727)
  • Handré vd Merwe (s.19): 400m – 50.33 (788)
  • Ethan Green (s.14): 800m – 2:17.72
  • Joshua Fincham (s.15): 800m – 2:08.19
  • Menzi Sheba (s.14): hoogspring – 1,65m
  • Radley de la Rey (s.17): driesprong – 12,10m
  • Ryan Venter (s.17): gewigstoot – 14,34m (785)
  • Aflos s.16: 45.03 (768)
  • Simoné Lourens (m.14): 90m hekkies – 14.61 (849); ook 400m – 62.97 (778)
  • Anja Venter (m.19): skyfwerp – 40,36m, Nellie-rekord (870)
  • Lallie Grobler (m.19): 100m hekkies – 16.84 (726)
  • Zoë Scheepers (m.16): hoogspring – 1,50m

Nog prestasies van 750 punte en meer, wat beslis vermelding verdien:

  • Ian Wood (s.17): 100m – 11.29 (750)
  • Menzi Sheba (s.14): 100m hekkies – 14.51 (799)
  • Vaughn van Zyl (s.15): gewigstoot -14,49m (815)
  • Aflos s.17: 44.50 (778)
  • Shanese de Clerck (m.17): 100m – 13.11 (765)
  • Lana Botha (m.15); 400m – 64.16 (756)
  • Cherike Boshoff (m.16): 200m – 27.10 (782)
  • Zané du Toit (m.16): 400m – 62.12 (775)
  • Kirsten Berry (m.17): 800m – 2:27.45 (778)
  • Zané Potgieter (m.19): 400m – 62.10 (761)
  • Hayley Cussons (m.17): 3000m – 11:40.75 (793) *nog m.15
  • Zimri Leeuvenink (m.19): 3000m – 12:07.52 (756)
  • Azelle du Preez (m.15) 300m hekkies – 50.66 (763)
  • Juané le Roux (m.15): gewigstoot – 10,42m (776)
  • Christine Venter (m.16): gewigstoot – 10,85m (782)

Berig deur: Mnr. Kobus de Wet

 

TagsAtletiek
Previous Article

Sporting results for Maritzburg College

Next Article

Wembley College swimmer participated in the annual ...

Share:

Related articles More from author

  • Laerskool La HoffNorth WestPotch Klerksdorp and surroundsRegional News

    Laerskool La Hoff Atletiek Noordwes wenners

    7th March 2022
    By Karien Frans
  • Gauteng JohannesburgHoërskool TransvaliaRegional NewsVaal Driehoek

    Hoërskool Transvalia atlete presteer puik by die ASA Kampioenskappe

    14th April 2026
    By Charl Paulse
  • Hoërskool BrackenfellNorthern SuburbsRegional NewsWestern Cape

    Hoërskool Brackenfell spog vanjaar met 24 WP-atlete

    31st March 2022
    By Karien Frans
  • Gauteng PretoriaHoërskool WaterkloofPTA EastRegional News

    Hoërskool Waterkloof atleet hardloop ‘n silwer medalje in Zambië los

    3rd May 2023
    By Karien Frans
  • Laerskool TotiusNorthern SuburbsRegional NewsWestern Cape

    Laerskool Totius atlete sluit seisoen op hoë noot af

    17th November 2025
    By Charl Paulse
  • Hoërskool SwartlandRegional NewsSwartland and West CoastWestern Cape

    Hoërskool Swartland stappers stap uitstekend tydends die Wes-Kaap Atletiekkampioenskappe

    22nd March 2023
    By Karien Frans

  • East RandGauteng JohannesburgLaerskool WestwoodRegional News

    Laerskool Westwood spog met redenaar wenners

  • East RandGauteng JohannesburgLaerskool GoudrandRegional News

    Laerskool Goudrand Primary is growing even more

  • Curro Somerset WestHelderbergRegional NewsWestern Cape

    A Bronze Medal Triumph for Curro Somerset West at the SA National XCC XCO Cup

ADVERTISEMENT

ADVERTISEMENT

ADVERTISEMENT

AWSUM News is South Africa’s largest school news platform. Since 2013 we’ve published every school’s story — academics, sport, culture and leadership — connecting 4 000+ schools with the families who read them daily.



CreativeMagic

Join Us on Facebook

  • Pretoria
  • Centurion & Midrand
  • Johannesburg
  • Vaaldriehoek
  • Durban
  • Midlands
  • Northern Natal
  • Free State
  • Cape Town
  • Boland
  • Breede Valley
  • Helderberg
  • Overberg
  • Swartland & Weskus
  • Northern Suburbs
  • Southern Cape
  • Noord-Kaap
  • North West
  • Limpopo
  • Mpumalanga
  • East London
  • Port Elizabeth
  • Eastern Cape – Towns
  • Home
  • Advertise with us