Kwartaal 3 hoogtepunte vir Laerskool Eikestad
ADVERTISEMENT
Hiermee die Kwartaal 3 hoogtepunte vir Laerskool Eikestad:
Hoofleiers Kwartaal 3: Baie geluk aan Dalinda Nel en Edwin Hertzog wat verkies is as hoofleiers vir kwartaal 3.
![]()
Elto Towers Mikro Rugby- en Netbaltoernooi: Laerskool Eikestad se o.10A tot o.13A rugby- en netbalspanne het op Saterdag, 2 September 2023, deelgeneem aan die Mikro 7’s rugby- en netbaltoernooi. Eikestad se spanne het uitstekend gevaar en die seisoen op ‘n hoogtepunt afgesluit.
- o.10A netbal – Wen die trofee-afdeling
- o.11A netbal – 2de plek in die trofee-afdeling
- o.13A netbal- Wen die trofee-afdeling
- o.10A rugby – 2de plek in die trofee-afdeling
- o.11A rugby – 2de plek in die trofee-afdeling
- o.13A rugby – 2de plek in die plaat-afdeling
o.10A Mikro Netbal
o.10A Rugby Mikro
o.11 A Mikro Netbal
o.11A Mikro Rugby
o.13A Micro Netbal
o.13A mikro Rugby en Netbal
Hokkie Suid-Kaaptoer 2023: Die o.13 A en B seuns- en dogtershokkiespanne het vanaf die 26ste tot 29ste Julie in die Suid-Kaap deurgebring en aan verskeie skole in die omtrek gespeel. Daar was baie goeie hokkie gespeel en spelers het hul beste gegee. ‘n Totaal van 12 wedstryde was gespeel waarvan Eikies 10 gewen het en slegs een verloor en een gelykop gespeel het.













