Laerskool Lynnwood Kaskar en Lynniefamiliedag was ‘n absolute hoogtepunt
ADVERTISEMENT
Die Kaskar- en Lynniefamiliedag was verseker een van die lekkerste dae en ‘n absolute hoogtepunt in ons Lynnie-kalender; van
vroegoggend se optog , die hele dag se kaskar- en rotasiestasies (Boeresport, Bingo, Fliek en Tombola) tot die laaste vlammetjie
doodgeblaas is met die familiebraai. Groot en klein het deelgeneem en daar was selfs ‘n kaskarwedren tussen ouers en
personeel.
Wat ‘n lekker atmosfeer het daar nie geheers met die Laerskool Lynnwood familiebraai nie? Len Muller was ons gaskunstenaar, terwyl die kinders onder die spreiligte kon speel en die groter kinders lekker kon sokkie. Wat hierdie dag so spesiaal maak, is die wete dat ons Lynniegemeenskap altyd saam sal staan met ‘n spesifieke doel voor oë: om ‘n verskil te maak. ‘n Verskil wat ‘n geweldige impak op van ons Lynniekinders se lewe en toekoms gaan maak. Alle fondse vir hierdie dag is ingesamel vir Lynnies se Omgeefonds.

















