Jukskei prestasie vir Hoërskool Zwartkop
ADVERTISEMENT
Marghereet-Visser Botha, kapteine van die Suid-Afrikaanse o.19-meisie jukskeispan, het ons land vanaf 25 Junie tot 6 Julie in Namibië verteenwoordig. Sy het haar span na ’n oorwinning teen Namibië gelei én ’n goue medalje in die jukskei-toets verwerf.
Hoërskool Zwartkop se afrigter, Karla Agenbag, was ook deel van die o.19-span.
Carla Meades, lid van die o.16-span, het die groep op toer vergesel en ’n silwer medalje gewen. Haar span het in ’n taai toets teen Namibië vasgebyt, maar moes uiteindelik die knie buig.
Baie geluk, Zwarries!












