Hoërskool Dirkie Uys leerders presteer in Jukskei
ADVERTISEMENT
Louwrens van Aswegen het van 7 tot 13 Desember 2024 aan die SA Junior Jukskei Kampioenskappe in Kroonstad deelgeneem. Hy het met die dubbelspel ‘n goue medalje verower. Sy span het 5de in hul afdeling geëindig. Dit is werklik ‘n groot prestasie vir die MRB Jukskei Klub.










