Die Hoërskool Zwartkop jukskei domineer Gauteng-Noord skoleliga
ADVERTISEMENT
Die Hoërskool Zwartkop se o.19 A dogterspan is die Gauteng-Noord skoleliga wenners! Baie geluk aan Mignon Broodryk, Elzaan Badenhorst, Marghereet-Visser Botha en die kapteine, Karla Agenbag. Die o.16 A dogterspan eindig tweede in die liga onder leiding van Cara van der Merwe. Die Zwarries se o.19 A seunspan het ‘n harde seisoen beleef, maar sien reeds uit na volgende jaar se liga. Kaptein, Heinrich van der Walt, is nietemin trots op die 2023 seisoen.










