Hoërskool Zwartkop jukskei gooi raak
ADVERTISEMENT
Hoërskool Zwartkop se jukskeispanne het goeie prestasies tydens die finale skole-liga gelewer. Die o.16 B dogterspan eindig in die 2de plek met ‘n totaal van 62 punte. Die o.16 B seunspan eindig 3de met 78 punte. Die o.19 A dogterspan wen hul afdeling met 91 punte, 26 punte meer as Hoërskool Garsfontein in die 2de plek en Hoërskool Wonderboom in die 3de plek met 59 punte.
Die o.19 A dogters neem op 17 September aan die Noordvaal junior jukskeikampioenskappe (Direkteurs-toernooi) te Middelburg deel. Baie geluk en sterkte, Zwarries.
o. 16 B seuns (vlnr) Me. B. de Kock, Arno Ferreira, Danté Scheepers, Heinrich van der Walt, mnr. Hannes Visser (voor) Jayden Cox
o.19 A dogters (vlnr) Me. B. de Kock (organiseerder), Mignon Broodryk, Marghereet Visser, Elzaan Badenhorst, mnr. Hannes Visser, Karla Agenbag (afwesig)










