Laerskool Bakenkop jukskei leerders behaal die Gauteng-Noordspan
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan die volgende Laerskool Bakenkop leerders wat gekies is om die Gauteng-Noord span te verteenwoordig by die SA Junior Jukskei Nasionale Kampioenskappe en Laerskoolweek vanaf 5–12 Desember in Kroonstad:
- Arliny Swanepoel – Gr 7
- Lienke Bronkhorst – Gr 2
- Elah Liebenberg – Gr 1
- Chanté Siebert – Gr 4
- Daniël Fourie – Gr 5
- Wian Fourie – Gr 3
- Johan Visser – Gr 5
Ons Bakies is trots tot in die punt van ons jukskei! Sterkte julle — gaan wys vir Suid-Afrika hoe mik ’n Bakie!










