SA Jukskei Kampioenskap prestasie vir Hoërskool Trio
ADVERTISEMENT
SA Kampioenskappe (Kroonstad). Mikaylah Mynhardt en Ina-Marié Viviers was deel van die Noord-Vrystaat span wat algeheel tweede geëindig het in die Akademie afdeling. Mikaylah word weer vanjaar ingesluit in die SA Akademiese span en sy is ook aangewys as kaptein van dié span. Tydens die proefwedstryde het hulle ‘n eerste plek behaal. Rigard van Zyl is ingesluit as kaptein in die 0.19 SA toerspan. Tydens die proefwedstryde het hierdie span ook goud behaal. Baie geluk! Hoërskool Trio is baie trots op julle.











