Huidige en oud-Laerskool Rustenburg tennisspelers presteer
ADVERTISEMENT
Huidige en oud-Laerskool Rustenburg leerders het die afgelope naweek aan die Limpopo ProKennex TSA toernooi te Polokwane deelgeneem en pragtig presteer! Oud-Larrie Annemie Pretorius het tweede gekom in die Meisies O16 afdeling.
Huidige Larries het soos volg presteer… Douglas Morkel was vyfde in die O12 enkelspel (3 uit 4 wedstryde gewen) en tweede in die O12 dubbelspel en Tiana van Niekerk het eerste gekom in die Meisies O12 enkelspel! Larries tennis is supertrots op jul almal!











