Hoër Volkskool Tennis doen goed
ADVERTISEMENT
Die tennisspelers van Hoër Volkskool het ‘n bedrywige week agter die rug. Maandag 5 Februarie is kragte gemeet teen Hoërskool Cradock. In die dubbelspel en gemengde dubbelspelwedstryde oorheers Volkskool en beindruk met hul aanskoulike en opwindende tennis. Cradock verhang die bordjies swaai tydens die enkelspelwedstryde die kragmeting in hulle guns met ‘n eindtelling van 16 – 11.
In 2022/23 het twee tennisliefhebbers besluit om hulself beskikbaar te stel om beheer oor te neem van Oos-Kaap tennis. Met onmiddellike effek is kommunikasie verbeter en skole (en ouers) is nou op hoogte van toernooie en reëlings m.b.t. proewe. ‘n Ongelooflike 200 spelers het op Dinsdag 6 Februarie aan ‘n Oos-Kaap Inter-sone Toernooi deelgeneem. Al hierdie spelers het reeds in Oktober 2023 aan die Oos-Kaap proewe deelgeneem en is in die IPT (A-spanne), Synergy Cup (B-spanne) of op die bystand reserwelys ingesluit. Vir hierdie toernooi is spelers in vier spanne verdeel na gelang van die aantal beskikbare spelers per ouderdomsgroep.
Vroeg oggend het Alecia Louw (o.15; Chris Hani A), Chenoa Jeffrey (o.15; Nelson Mandela B), Pieter Nel (o.15; Chrisi B), Louwen Wolfaardt (o.19; Chris Hani B), Luan Hanekom (o.19; Chris Hani B) en Rudolph-Hein van Eeden (o.19; Buffalo City B) in die pad geval vir hul kragmeting in Port Elizabeth. Vier spanne het teen mekaar meegeding in dubbelspel-, gemengde dubbelspel- en enkelspelwedstryde.
Finale uitslae is as volg:
A-Liga
- Nelson Mandela 63
- Chris Hani 57
- Sarah Baartman 27
- Buffalo City
B-Liga
- Nelson Mandela 45
- Chris Hani 43
- Sarah Baartman 17
- Buffalo City 16
Woensdag 7 Februarie is die Graaff-Reinet Liga-wedstryde beslis met vier Volkskool spanne wat meegeding het. Ongelukkig het vyf spelers onttrek wat die Volkskool spanne benadeel het, maar aan opgewonde spelers die geleentheid gebied het om deel te neem. Die eerstespan seuns het baie aanskoulike tennis gespeel terwyl die eerstespan dogters vir ‘n spannende einde gesorg het.
Tellings is as volg:
- Mans – 1st liga Volkskool1 3, Bethesda 7
- Mans – 2de liga Union2 0, Volkskool2 0 8
- Mans – 2de liga Wheatlands2 8, Volkskool3 0
- Dames – 1st liga Volkskool1 9 (56), Union 2 9 (52)

Chanoa Jeffrey, Alicia Louw, luhan hanekom, louwen wolfaardt, pieter nel en Rudolph-hein van Eeden









