Hugenote Hoërskool se atlete neem deel aan Tweekampbyeenkoms
ADVERTISEMENT
Tydens die Interprovinsiale Tweekampbyeenkoms in Oudtshoorn het Hugenote Hoërskool se atlete puik gevaar. Hulle het teen 3 ander distrike deelgeneem: Eden, Oostelike Provinsie en die Westelike Provinsie. Al die atlete het bo 1900 punte aangeteken! Welgedaan aan elkeen wat deelgeneem het!
Dogters o.15 – 42 deelnemers.
- Milla Christensen: 5de plek met n totaal van 2032.4 punte.
- Sumari Grobler: 27ste plek met n totaal van 1951.14 punte.
Seuns o.15 – 41 deelnemers.
- John-William Grobler: 10de plek met n totaal van 2036.13 punte.
Dogters o.17 – 28 deelnemers.
- Anine Pienaar: 13de plek met n totaal van 1987.78 punte.
- Inge Brand: 18de plek met n totaal van 1962.72 punte.
- Rosie Büchner: 23ste plek met n totaal van 1905.49 punte.
Dogters o.19 – 22 deelnemers.
- Jacy Brand: 15de plek met n totaal van 1954.8 punte.
Seuns o.19 – 28 deelnemers.
- SW Liebenberg: 8ste plek met n totaal van 2033.38 punte.
Die Boland Kampioenskap vind Saterdag, 21 Februarie by Hugenote Hoërskool plaas. Ons nooi almal uit om ons atlete te kom ondersteun.




















