Eisteddfod musiek prestasies vir Laerskool Gansbaai
ADVERTISEMENT
Op Saterdag, 2 Augustus 2025, het Poco Musica Musiekskool (o.l.v. Asanti Smit) se musiekklanke die Flame Eisteddfod behoorlik aan die brand gehou! Die oggend is afgeskop met die duet-afdeling waarin nege van Laerskool Gansbaai se Gansiemusikante 4 goue sertifikate en 1 silwer sertifikaat ontvang het.
Goud: Liahné Otto & Hanro Coetzer; Talita Radyn & Mia de Klerk; Liëtte Kotze & Isabelle de Villiers; Gretchen Buhr & Ninke Kotze
Silwer: Skye Booysen & Liahné Otto. Baie geluk aan jul elkeen met jul pragtige duette!!
Baie geluk aan Poco Musica se orkes wat Saterdag, 2 Augustus 2025 aan die Flame Eisteddfod inHermanus deelgeneem het en ‘n welverdiende goue sertifikaat ontvang het! Ons is baie trots op julle. Die deelnemers was:
Blokfluite: Eben & Vera du Plessis
Kitare: Stiaan Fourie, Neël Groenewald en oud-Gansie Marni Hoon
Ukulele & “snare drum”: Francois Marais
Klavier & Klawerbord: Skye Booysen, Hanro Coetzer, Liahné Otto
Op Saterdag, 2 Augustus 2025, het Eben en Vera du Plessis (Poco Musica Musiekskool) deelgeneem aan die eerste Flame Eisteddfod wat in Hermanus aangebied is. Eben en Vera het albei goud ontvang vir hul onderskeie solo-items. Hul het ook ‘n duet in die blokfluit-afdeling gespeel waarvoor hul ‘n silwer sertifikaat ontvang het. Baie geluk aan ons Gansie-blokfluitspan met hul pragtige prestasies!
Baie geluk aan Poco Musica se snare-span met pragtige items wat aangebied is by die 1ste Flame Eisteddfod in Hermanus op Saterdag, 2 Augustus. Julle maak ons so trots!! Stiaan Fourie en Neël Groenewald het elkeen goud verwerf vir hul solo-items op kitaar. Ons Grondslagfase ukulele-spelers :
* Francois Marais het ‘n silwer sertifikaat ontvang vir sy solo item.
* Karli Radyn en Francois se duet op ukulele het silwer verwerf.
Kitaar ensemble: Stiaan Fourie, Neël Groenewald, Wilhelm Buhr (en oud-Gansie Marni Hoon) het ook silwer ontvang.
Groot geluk aan jul elkeen!
Baie geluk aan ons Gansie-pianiste (Poco Musica o.l.v. Asanti Smit) wat op 2 Augustus deelgeneem het aan die Flame Eisteddfod se solo-instrument afdeling in Hermanus.
Die klawers het behoorlik rondgedans en pragtige kommentaar is ontvang. Ons is baie trots op julle!
Goud: Skye Booysen, Liëtte Kotze, Ninke Kotzé
Silwer: Isabelle de Villiers, Hanro Coetzer, Gretchen Buhr, Liahné Otto
Ons wens ook al ons Poco Musica-musikante wat gedurende Augustus hul 1ste ALMSA musiek-eksamens in klavier en blokfluit aflê, spesiale sterkte toe!





















