Hoërskool Zwartkop swemmers wys hul slag by Sweminterhoër
ADVERTISEMENT
Die jaarlikse A-bond Interhoër Swemgala het op 13 Februarie by die Hillcrest swembad plaasgevind. Die Zwarrie-swemmers het in nuwe swemuniform gepronk en ‘n splinternuwe tradisie van die wit swempet vir die seniors, gevestig. Hoërskool Garsfontein was die gasheerskool en swemmers van Menlopark, Afrikaans Hoë Meisies en -Seuns, Midstream College, Cornwall Hill College, Curro Hazeldean, Pretoria Boys en Girls High het meegeding vir die gesogte trofee as beste swemskool in Pretoria. Zwartkop het hul slag in die water gewys en behaal die volgende uitslae:
Dogters:
Marlene Ward (o.15)
- 100m Vryslag Silwer
- 50m Rugslag Brons
Jana Vorster (o.16)
- 100m Vryslag Goud
- 50m Vlinderslag Goud
Xandri Fourie (o.16)
- 100m Vryslag Silwer
- 100m (o.17) Vryslag Goud
- 100m (o.17) Borslag Goud
![]()
Seuns:
Ruben Vorster (o.14)
- 50m Vlinderslag Brons
Robert Brink (o.15)
- 200m Vryslag Brons
D.J. Bester (o.16)
- 200m Vryslag Brons
- 100m Borsslag Goud
- 50m Vlinderslag Goud
![]()
Marius van Rooyen (o.16)
- 100m Vryslag Silwer
- 100m Rugslag Brons
Chris Smith (o.19)
- 100m Vryslag Brons
- 100m Borsslag Goud
J.D. Venter Seuns (o.19)
- 100m Rugslag Silwer
Aflos: Seuns o.16 Wisselslag en Vrylsag 4 x 50m Silwer
- Marius van Rooyen
- D.J. Bester
- Roland Scheepers
- Jethro le Roux
Seuns o.18 Wisselslag Silwer
Seuns o.18 Vryslag 4 x 50m Brons
- Migael Lindeque
- J.D. Venter
- Chris Smith
- Stefan van Jaarsveld
Zwarries se dogterspan eindig algeheel sesde en die seunspan in die vyfde plek. Die totale puntetelling is as volg:
- Midstream College 899
- Menlopark 789
- Garsfontein 606
- Zwartkop 603
- Cornwall Hill College 602
- Curro Hazeldean 591










