Primêre Skool Universitas swemmers kan swem
ADVERTISEMENT
Tydens die Vrystaat Laerskole Swemkampioenskappe word Corné Liversage aangewys as die beste swemmer in die ouderdom 13 jaar. Corné behaal vier eerste plekke en ‘n tweede plek. Ook tydens hierdie kampioenskap word Luan Potgieter aangewys as die beste Multi-class swemmer in die ouderdom 13 jaar. Hy word aangewys as die algehele beste Multi-class swemmer van die kampioenskappe. Luan behaal vyf eerste plekke.

Tydens die Christine Grobbelaar Swemgala wat gehou is op 1 Maart in Trompsburg word die volgende swemmers aangewys as die beste swemmers. Vida-Ani Markgraaff (Beste Dogters Junior Swemmer), Corné Liversage (Beste Seuns Senior Swemmer) en Lugwig Niemann (Beste Seuns Junior Swemmer).










