Hoërskool Zwartkop se swemmers oppad na SA Jeugkampioenskappe
ADVERTISEMENT
Hoërskool Zwartkop se swemmers na S.A. Jeugkampioenskappe. Die jaarlikse Swimming South Africa (SSA) National Youth Championships vind vanaf 18 tot 20 Maart 2026 by die Newton Park-swembad in Gqeberha plaas. Tydens hierdie gesogte byeenkoms gaan jong swemmers van regoor Suid-Afrika mekaar in die swembad pak.
Hoërskool Zwartkop is trots op vyf swemmers wat in die NTS-span opgeneem is en die skool by die kampioenskappe gaan verteenwoordig. Die swemmers is:
- Marlene Ward
- Marius van Rooyen
- Johane Janse van Rensburg
- Jana Vorster
- DJ Bester




















