Hoërskool Witteberg atlete vaar puik tydens SA Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
16 Hoërskool Witteberg atlete het onlangs aan die Suid-Afrikaanse Skole Atletiek Kampioenskappe deelgeneem en puik presteer.
13 van die Atlete behaal plekke onder die Top 10 in hul onderskeie items. Die Wittebergers spog met 1 Goud, 2 Silwer en 2 Brons medaljes. Die uitslae was soos volg:
- Charl Greyling 1ste plek Hamergooi Seuns o.20
- Amy Kotze 2de plek Driesprong Dogters o.18
- Laura Shepherd 2de plek 5km stap Dogters o.18
- Andrea Steynberg 3de plek 800m Dogters o.18
- June Lombard en Andrea Steynberg 3de plek 4x400m aflos Dogters o.18
- Sumari Eksteen 5de plek sweedse aflos Dogters o.16
- Cobus Labuschagne 5de plek Hamergooi Seuns o.16
- Evan Nieuwoudt 6de plek 300m Hekkies Seuns o.16
- Ernst Mienie 7de plek Paalspring Seuns o.20
- Jemma Shepherd 7de plek 5km stap Dogters o.16
- Sune Hills 8ste plek Driesprong Dogters o.16
- Jané De Villers 8ste plek 5km stap Dogters o.18
- Leoze Lottering 9de plek Spiesgooi Dogters o.18
- Anuschka Janse van Rensburg 15de plek Gewigstoot Dogters o.18
Hartlik geluk aan elke atleet. So kom die 2023 Atletiekseisoen tot `n einde!

2e

Amy Kotzé

Charl Greyling

Laura Shepherd









