Hoërskool Swellendam tennisspelers hou die oponente op hulle tone
ADVERTISEMENT
Hoérskool Swellendam se eerste tennisspan het teen Worcester Gimnasium meegeding. Na ’n suksesvolle T4J-naweek was die span slaggereed om die oorwinning huis toe te bring. Die tennisseisoen asook die matrieks se laaste ligawedstryd is met’n oortuigende oorwinning afgesluit. Ons is besonder trots op elke Swellie-speler, aangesien elke seun ook sy individuele wedstryd gewen het.










