Hoërskool Swellendam het ‘n suksesvolle somersdag in die swembad
ADVERTISEMENT
Dit is piek swemseisoen hier by Hoërskool Swellendam en Swellies maak branders! Ons skool het op die 6de
Maart hierdie jaar se Heart Gala aangebied. Die energie was hoog met skole soos DeVilliers Graaf, Charlie Hofmeyer en HTS Drostdy wat die dag ook bygewoon het. Na ‘n suksesvolle somersdag in die swembad het Hoërskool Swellendam gewen met 3 punte! Welgedaan julle.










