Hoërskool Parel Vallei Musiek nuus
ADVERTISEMENT
Ons deel graag die nuus, dat Hoërskool Parel Vallei se eie Anke Kritzinger, in graad-11 gekies is as ‘n lid van die Simfonia Juventi Jeugsimfonie-orkes! Anke sal haar plek opneem as ‘n Hobo 1 speler in dié gesogte jeugorkes. Simfonia Juventi is ‘n uitvloeisel van die destydse Jeugsimfonie-orkes wat in 1981 tot stand gekom het om ‘n geleentheid vir belowende leerlinge te skep om orkeservaring op te doen, musiektalent te identifiseer en te ontwikkel. Dié orkes, onderleiding van mnr. Eddie Clayton, word die jaar saamgestel uit begaafde musiekleerders van regoor die land en bestaan uit 79 leerders (van 23 verskillende skole). Geluk Anke! Dit is wonderlik om te sien hoe jy jou talente voluit uitleef.










