Hoërskool Nylstroom ruiters ry hul pad na sukses
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Hoërskool Nylstroom ruiters met uitstaande buitesport-prestasies!
By SANESA , Level 3, het Sonika Kruger en haar perd ,Flying Diamond, uitgeblink met verskeie topplasings en is sy as kampioen gekroon, terwyl Karoley le Roux en haar perd Maya, sterk meegeding het en tweede geëindig het. As span het hulle ook ’n indrukwekkende algehele 2de plek uit vyf skole behaal.
In SAWMGA-kompetisies het die sukses voortgeduur. In Child Level 3 het Sonika en Karoley weer podiumplekke behaal, met Sonika wat algeheel 2de en Karoley 3de geëindig het. In Child Level 1, het Sonika en haar perd Buchel’s Kit Kat oorheers en die algehele 1ste plek behaal, terwyl André Venter en sy perd, Vyfhoek My-My ’n sterk 3de plek in Junior Level 1 verwerf het.
Hierdie prestasies getuig van harde werk, dissipline en ware passie vir die sport. Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle.












