Laerskool Witpoort leerder by SANESA Gauteng Saalperdskou
ADVERTISEMENT
Laerskool Witpoort leerder, Daniel Peck, het 21 en 22 Mei deelgeneem aan die SANESA Gauteng Saalperdskou in Parys. Daniel het twee eerste plekke behaal in die ‘In Hand Utility walk and trot’ klas. Hy wen ook albei die ‘Fine Harness Assisted Driving’ klasse. Baie geluk Daniel!










