Hoërskool Ellisras ruiters blink uit by die Waterberg Uithourit
ADVERTISEMENT
Drie van leerders van Hoërskool Ellisras het aan die Waterberguithourit, wat hierdie jaar vir die eerste keer in Ellisras aangebied is, deelgeneem. Al drie ons leerders het hierdie rit suksesvol voltooi.
Leané de Bruin en Hildegard van Staden het elk aan die 40km deelgeneem en Gean Pieterse het ‘n 80km voltooi. Ons is ook baie trots op ons toekomstige rassie Isabella Steenkamp wat Vrydag aan haar heel eerste uithourit deelgeneem het.



















