Gholf prestasies vir Hoërskool Durbanville
ADVERTISEMENT
Hoërskool Durbanville het vir die tweede agtereenvolgende jaar gekwalifiseer vir die SA Hoërskole Gholfkampioenskap. Durbanville sal weer die WP verteenwoordig by die SA Skole wat vanjaar in Middelburg, Mpumalanga plaasvind. Sterkte met die voorbereiding manne.

Henru Walters wen die Vernon Dickson Memorial Gholftoernooi, wat onlangs by Royal Cape Gholfklub plaasgevind het op ‘n telling van -7.









