Ongelooflike prestasie deur Hoërskool Gimnasium Paarl bergfietsryer
ADVERTISEMENT
Fourie van Wyk, is ‘n graad 11 leerder aan die Hoërskool Gimnasium Paarl. Hy is ook ‘n toegewyde jongman wat aan die adrenalien gevulde Downhill kategorie van bergfietsry deelneem. Suid-Afrika het ‘n groot held in die kategorie in Greg Minnaar wat as die grootste van alle tye (The Goat) bekend staan, en vir Fourie aanspoor. Greg Minnaar het al 4 wêreldbeker kampioenskappe verower, en 23 keer ‘n wêreldbeker tydren gewen.
Fourie het die aan die derde been van die Suid-Afrikaanse Nasionale Downhill Beker reeks deelgeneem. Dit was aangebied 20 en 21 April by Karkloof, naby Howick in Kwazulu-Natal. Fourie het in die Junior Mans afdeling met ‘n uitstekende tyd die goue medalje verower. Hy het tweede in beide die eerste en tweede been van die reeks gekom. Fourie het algeheel die 5de plek beklee met slegs 4 Elite volwasse fietsryers wat beter tye as hy aangeteken het. Dit volg op sy ongelooflike prestasie in Maart waar hy die silwer medalje ingepalm het by die Suid-Afrikaanse Nasionale Downhill Kampioenskap wat in die Paarl aangebied is. Fourie staan nou ‘n baie goeie kans om in die SA-span ingesluit te word wat in Augustus en September aan die Wêreld Downhill Kampioenskap in Andora gaan deelneem.

SA Champs March 2024

Karkloof Apr 24









