Hoër Volkskool ruiter presteer
ADVERTISEMENT
Lehan de Beer, ‘n gr 10 leerder aan Hoër Volkskool, het op 1 Junie deelgeneem aan die Lormar uithourit waar hy 80km suksesvol voltooi het met sy perd GNU Gabbi. Die baan was baie tegnies en die ruiters en perde se energie en fiksheid getoets. Die uiters koue temperature het ook die voltooing van die uithourit baie moeilik gemaak. Lehan het met die beste pols van die dag ingekom. Hy moet nou nog 1 x 80 km uithourit voltooi voor hy kan kompeterend deelneem. Baie geluk!












