Laerskool Aliwal-Noord Rooikoppies Puntebyeenkoms uitslae
ADVERTISEMENT
Twee van LSAN Laerskool Aliwal-Noord se leerders, Carli Oosthuizen en Isabella Joubert, het op 18 Mei aan die Rooikoppies Puntebyeenkoms naby Lady Grey deelgeneem.
Hulle vaar goed in die afdelings halfseksie & seksie swaard, seksie “lance” en “Indian file lance”. Hulle behaal ook verskeie 1ste, 2de en 3de plekke in hierdie afdelings. Baie geluk aan hierdie meisies. Ons is baie trots op julle waagmoed en dissipline om aan ‘n sport soos Gymkhana deel te neem.





















