Hoërskool Oos-Moot leerder vaar puik by die perdry kompetisie
ADVERTISEMENT
Chantenique Botha leerder van Hoërskool Oos-Moot het deelgeneem SANESA South African Western Mounted Games qualifier 7 kompetisie. Hierdie kompetisie het einde Mei in Benoni plaasgevind.
Die perdrykompetisie bestaan uit 13 roetines met verskillende patrone wat teen die vinnigste tyd moontlik voltooi moet word.
Haar roetines vir hoërskool junior level 0 wat voltooi is in qualifier 7 het uit die volgende bestaan:
- Figure 8 Flags – 4de plek
- Bi-rangle – 2de plek
- Hurry Scurry – 4de plek
- Quadragle – 1ste plek
- Single Stake – 1ste plek
- Overall – 2de plek (Reserve Champion)
Chantenique neem ook 21 & 22 Junie aan die finale qualifiers deel. Baie sterkte Chantenique, ons weet dit sal baie goed gaan. Ons Oosies staan agter jou











