Bethlehem Voortrekker Hoërskool leerders neem deel aan die SANESA Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Juan Joubert en Adriané Fouché leerders van Bethlehem Voortrekker Hoërskool het op 7 Sept aan die SANESA Nasionale Kampioenskappe deelgeneem wat by The Ranch in Limpopo deur die Letaba Klub aangebied is en baie goed gevaar. Hulle het in die afdeling vir Hoërskole deelgeneem, waar Juan eerste plek behaal het en Adriané tweede plek. Hulle het ook gekompeteer in die Junior afdeling vir ERASA waar Juan eerste en Adriané tweede was.
Juan Joubert en Adriané Fouché was deel van die Sanesa Vrystaat Skole Uithourit span wat by die SANESA Nasionale Kampioenskappe deelgeneem het. Die Vrystaat span het die eerste plek behaal. Juan het ook toekenning as Victor Ludorum ontvang.
- Adriané Fouch
- Juan Joubert.










