Hoërskool Brackenfell leerder presteer by die Western Mounted Games WP-Span
ADVERTISEMENT
Hoërskool Brackenfell is baie trots op Milaan Friend in gr. 10 wat in die Western Mounted Games WP-Span opgeneem is. Milaan Friend is vir die 2025 SAWMGA Wes-Kaap Junior Vlak 2-span geselekteer (Western Mounted Games). Sy sal die Wes-Kaap verteenwoordig by die SAWMGA Silwer Nasionale Kampioenskappe, wat sal plaasvind op 6 en 7 Oktober te Parys, Vrystaat. Sy sal ook die skool verteenwoordig in die SANESA-afdeling. Oor die 2 dae sal sy aan 12 verskillende items deelneem.














