Hoërskool Noordheuwel is ongelooflik trots op hul ruiters se uitsondelike prestasies
ADVERTISEMENT
Hoërskool Noordheuwel is ongelooflik trots op ons ruiters wat onlangs uitsonderlike prestasies behaal het by die SANESA Gauteng Wes Jaarlikse Prysuitdeling! Elzani Kruger het nie net ‘n indrukwekkende algehele 5de plek by Gauteng Wes (vlak 1-7), en 3de plek in Working Hunter (vlak 1-7) behaal nie, maar sy het ook Gauteng klere ontvang. Sy is gekies vir twee A-spanne vir die Nasionale Span. Wat ‘n ongelooflike prestasie!
Michaela Holtshousen het ‘n silwer medalje gewen met haar 2de plek in Prix Caprilli (vlak 1-7) en is ook aangewys as lid van die Gauteng B sowel as C span wat aan die Nasionale Kampioenskappe gaan deelneem. Sy het Gauteng klere ontvang vir haar uitstekende vertoning.
Leandri Herselman is ook beloon met Gauteng klere en het die C-span gehaal wat aan die Nasionale Kampioenskappe gaan deelneem.
Baie geluk aan al ons ruiters wat hulself op provinsiale vlak bewys het! Julle harde werk en toewyding inspireer ons almal!












