Hoërskool Merensky nou ATKV-Beoordelaars
ADVERTISEMENT
‘n Groep redenaarsentoesiaste van Hoërskool Merensky het op 29 Januarie, ‘n nat, reënerige Saterdagoggend, die pad oor die berg aangepak Polokwane toe om as ATK- redenaarsbeoordelaars te kwalifiseer. Die kursusaanbieder was me. Dorette Prinsloo van die ATKV, ‘n befaamde op die redenaarsfront, en is by Laerskool Pietersburg aangebied. Hierdie redenaarskompetisie is een van die oudstes in die land en van beoordelaars word verwag om fynkenners in die redenaarskuns te wees.
Benewens twee onderwysers, Trudie Botha en Lize Crafford, spog die MDDK-bestuurder Martinette Muller, onderwysassistent Stephanie Potgieter en drie ouers, Jeanne Swanepoel, Carike Fox en Marlene McKenzie ook nou elkeen met ‘n beoordeellisensie.
Hoërskool Merensky het ook vir die eerste keer ‘n matriekleerder, Keynan Fox, wat sy skoene voortaan as beoordelaar kan volstaan. Met nuwe (blou) bloed in Tzaneen se beoordelaarspoel, sien Plasieland uit na ‘n propvol redenaarsseisoen hierdie jaar. Hoërskool Merensky se juniorpraters spook op 2 Februarie sake uit, terwyl die seniors op 3 Februarie sal mond uitspoel om te bepaal wie is Plasieland se bobaaspraters om in 2022 mee rekening te hou.
Jeanne Swanepoel, Keynan Fox, Stephanie Potgieter, Trudie Botha, Carike Fox, Martinette Muller, Lize Crafford.
Afwesig: Marlene McKenzie.










