Hoërskool Kathu spog met die RCFA Sport Boxing Welterweight Wêreldkampioen
ADVERTISEMENT
Kyle Barendse (Gr. 11) van Hoërskool Kathu het van 3–5 April aan die RCFA (Ring Contact Fighting Arts) se Wêreldkampioenskappe by Emerald Casino, Vanderbijlpark deelgeneem as deel van die Nasionale Span.
Kyle is nou die nuwe RCFA Sport Boxing Welterweight Wêreldkampioen! Hy bring ook ‘n indrukwekkende medalje-oes huis toe:
- 1 Goud
- 2 Silwer
- 1 Brons
Ons is ongelooflik trots op jou prestasie, Kyle! Hou aan om ons trots te maak! 










