HS Wesvalia leerder presteer by die Nasionale Lewensredding Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
AJ Brits leerder van Hoërskool Wesvalia presteer alweer…die keer by die Nasionale Lewensredding Kampioenskappe in Gqeberha. Hy behaal die finaal in al 6 sy items en swem ook 6 x persoonlike beste tye. Hy swem ń OPEX tyd vir item: 100m Mannikin met fins.
Hy swem ook ‘n National High performance (NHP) tyd in item: 100m Tow and fins en die 100m Rescue Medley. Hy verdien ook ‘n 1ste plek in Juniors SERC. Hy kry finals in Board Race, Run Swim run, Surf swim. (Strand)
Baie geluk AJ, trots op jou!










