Hoërskool Swellendam se eie lewensredders
ADVERTISEMENT
Tydens die vakansie, terwyl meeste van Hoërskool Swellendam se leerders uitgerus voor die televisie gelê het, het 2 van ons leerders hulle leeumoed in Hermanus gaan wys.Elbé Streicher en Fae Walker het van 5 tot 11 Oktober aan die See en Sand lewensreddingskursu deelgeneem. Dit het met ‘n swem toets afgeskop en gevolg deur ‘n draf toets. Hulle moes deelneem aan See en Sand se bekende “run swim run”. Beide leerders moes van Dreunkrans (15m) afspring en het die naweek afgesluit met ‘n halwe maraton.
Tussendeur al hierdie uitdagings het hulle ook baie geleer oor die see en lewensredding self. Die 2 yster-Swellies beskou dit as een van die moeilikste weke van hulle lewe, maar ook definitief as die moeite werd. Volgens Fae en Elbé is dit ‘n ongelooflike ervaring wat beslis jou uithouvermoë toets. Ons is baie trots om te sê hulle het albei hierdie week oop ‘n hoë noot afgesluit en die kursus geslaag!
![]()
Mariana Swanepoel










