Laerskool Bosveld swemmers neem deel aan die Limpopo Skolekampioenskappe
ADVERTISEMENT
Drie van Laerskool Bosveld se swemmers het op 27 en 28 Januarie deelgeneem aan die Limpopo-skolekampioenskappe in Tzaneen. Die swemmers het baie goed presteer in hul onderskeie items. Die resultate is as volg:
Luan van der Schyff behaal ‘n brons medalje en verbeter sy tye. Minke Erasmus behaal 9 goue medaljes asook die spog Jurior Victrix ludorm trofee vir die beste Laerskool dogterswemmer. Lourens Erasmus behaal 1 goud, 3 silwer en 1 brons medalje. Wel gedaan Bossies! Daar word uitgesien na ‘n goeie swemseisoen tydens 2024.













