Hoërskool Ermelo redenaars toon hul staal by Interskole Redenaarsliga
ADVERTISEMENT
Op Saterdag 21 September het drie leerders van Hoërskool Ermelo makroskole die stryd aangesê in die landswye finaal van die Interskole Redenaarsliga Redenaarskompetisie.
Carel Hancke (gr. 9) het aan die voorbereide toespraak-afdeling deelgeneem (Afrikaans). Manelisi Smith (gr. 8) het ook aan die voorbereide toespraak-afdeling deelgeneem in die Engelse kategorie. Beide het hul uitstekend van hul taak gekwyt, maar dit was Kara McKenzie (gr. 9) wat die kalklig gesteel het deur puik te presteer en ‘n besondere tweede plek nasionaal in die onvoorbereide toespraak- afdeling te behaal (Afrikaans). EHS is baie trots op dié drie leerders se uitstekende prestasies!












