Hoërskool Ermelo-krieket laat paaltjies val
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ermelo-krieket laat paaltjies val. Die afgelope twee weke het die Erries se krieket gemengde weslae behaal. Die dogtersspan kom te staan teen Hoërskool Hoogenhout en verloor ongelukkig met vyf paaltjies maar wen met 101 lopies teen Ligbron twee. Hoërskool Ermelo se tweedespan wen teen Hoërskool Oosterland met twee paaltjies en teen Hoërskool Volksrust met vyf paaltjies. Die Erries se o.15-span verloor teen Hoërskool Hoogenhout met vyf lopies, maar behaal ’n oorwinning teen Hoërskool Standerton met vier paaltjies. Die o.14-span speel teen Hoërskool Secunda en verloor met 23 lopies.
Baie geluk met die mooi krieket wat EHS se spelers lewer, asook die oorwinnings wat die onderskeie spanne behaal het. EHS is trots op elke span.
EHS se tweedespan krieket
Elizma Swart in aksie
EHS se dogters-krieketspan
WJ Pretorius in aksie
Die o.15-krieketspan van die Erries










