Hoërskool Ermelo-atlete vaar uitstekend by Top 30 atletiekbyeenkoms
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ermelo-atlete vaar uitstekend by Top 30 atletiekbyeenkoms. Op 21 en 22 Oktober het die Erries se atlete deelgeneem aan die NWU se Top 30 atletiekbyeenkoms in Potchefstroom. Die Erries vaar uitstekend in hierdie geharde kompetisie en behaal die volgende plekke in die top tien in hul onderskeie items: Tyrone Berning (o.16 seuns): eerste in 400m hekkies en vierde in hoogspring. Elizma Swart (o.15 dogters): derde in gewigstoot. Kryn Romijn (o.15 seuns): derde in 400m. Mia Davel (o.16 dogters): derde in hoogspring. Pierre Duvenhage (o.15 seuns): agste in spiesgooi. Bongmusa Vilakazi (o.17): negende plek in die 3000m en tiende in die 1500m. Baie geluk aan elkeen van die atlete met goeie prestasies by só ‘n groot geleentheid. Julle maak die Erries trots.
(voor vrnl): Elizma Swart, Pierre Duvenhage en Mia Davel (agter vrnl): Bongmus Vilakazi, Tyrone Berning en Kryn Romijn










