Hoërskool Ermelo atlete blink uit tydens ASA-aflos-kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ermelo atlete blink uit tydens ASA-aflos-kampioenskappe. Op 29 en 30 April het vier Errie-atlete aan die ASA-aflos-kampioenskap in Sasolburg deelgeneem. Hoërskool Ermelo is besonder trots op Mia Davel, Mia Steenkamp, Kryn Romijn en Marlioné Erasmus wat die byeenkoms bygewoon het en EHS se naam laat skitter-blink het.
Die atlete presteer as volg:
- Mia Steenkamp behaal goud in die 4x 800m aflos vir dogters o/20.
- Mia Davel verwerf ‘n goue medalje in die 4x 400m aflos vir dogters o/18.
- Kryn Romijn (seuns o/16) behaal silwer in die “medley relay”-item, asook ‘n brons medalje in die 4x 400m aflos.
- Marlioné Erasmus (dogters o/16) verwerf twee vierde plekke in onderskeidelik 4x 100m aflos en die “medley relay”.
Baie geluk met die uitsonderlike prestasies van die atlete, asook met jul deelname op ‘n vlak van dié gehalte.
Mia Davel (tweede van regs), saam met haar spanmaats
Mia Steenkamp spog met haar goue medalje
Kryn Romijn en Mia Davel
(Vlnr): Mia Davel, Kryn Romijn en Marlioné Erasmus










