Hoërskool Ermelo atlete pak die langpad aan met welslae
ADVERTISEMENT
Die Erries het op 4 Februarie weer die langpad aangepak om aan die LJ Prokureurs atletiekbyeenkoms te Hoërskool Rob Ferreira (Witrivier) deel te neem. Vandat die eerste skoot geklap het behaal die Errie-atlete vele suksesse. Die Errie-atlete ryg talle medaljes in en verbeter verskeie rekords.
Gedurende die prysuitdeling ontvang Marlioné Erasmus (eerste plek D14: 100m, 200m, 400m) die Junior Victrix Ludorum trofee, en Elizma Swart ontvang ‘n trofee vir beste prestasie van die dag (eerste plek D15: gewigstoot en skyfwerp). Baie geluk aan hierdie atlete en sterkte met jul kragmeting op Vrydag, 11 Februarie, te Midstream College.

Marius Nel wen


Elizma Swart

Marlioné Erasmus









