Hoërskool Aliwal-Noord Atletiek ASA Vrystaatkampioenskappe
ADVERTISEMENT
Hoërskool Aliwal-Noord Atletiek ASA Vrystaatkampioenskappe. Die afgelope naweek het ons atlete aan die ASA Vrystaatkampioenskappe in Bloemfontein gaan deelneem. Die kompetisie was baie sterk en ons atlete het teen ander atlete van regoor die Vrystaat deelgeneem. Ons atlete vaar baie goed en ons sê geluk aan die volgende atlete wat medaljes gekry het.
- Goud : Monique Weitsz meisies o/18 5000mW (29:08.73s) en Robert Orrock mans o/20 10km (34:26.50).
- Silver : Chris Weitszseuns o/16 5000mW (28:35.31) en Catherine van Aardt meisies o/16 3000m (12:01.63).
- Brons : Janco Labuscagnie mans o/20 110mH (17.04s) en Francois van Niekerk seuns o/18 HJ (1.80m).

Catherine Van Aardt

Francois Van Niekerk

Francois Van Nikerk

Janco Labuscagnie

Monique en Chris Weitzs









